staan stil


verlede jaar met covid 1
het dit skielik ophou reën
nie op die velde en die lande
maar op my hare en my hande

ek droog hier in my hart
my binne-reën is uitgesmart
my asem is droog en warm
verbaas, verstom- alarm

binnekant is woes en leeg
my seer hart onverpleeg
hierdie jaar met covid 2
is alles in my plat gevee

staan stil, ’n bok in kar se ligte
staan stil…


original painting on stretched canvas
76 x 102 x 4 cm
8,600

Leave a comment

close-alt close collapse comment ellipsis expand gallery heart lock menu next pinned previous reply search share star